Man vasgetrek terwyl hy probeer om vuurwapens te verkoop

BRITS POS – LETLHABILE – In Letlhabile, noord van Brits, het ‘n multi-dissiplinêre span bestaande uit die Brits Crime Intelligence, Letlhabile Polisie asook Hartbeespoortdam Misdaadvoorkoming en K9 Eenheid, ‘n 37-jarige man by ‘n winkelkompleks in Zone gearresteer. Die arestasie het op Vrydag, 5 Julie 2024 gebeur.

Die arrestasie is bewerkstellig nadat die span inligting ontvang en geoperasionaliseer het oor ‘n man wat onwettige vuurwapens probeer verkoop het.

Tydens die arrestasie is die verdagte in besit gevind van twee 9 mm-pistole met afgevylde reeksnommers en gelaai met 24 rondtes ammunisie.

Verdere ondersoek by die verdagte se woning het gelei tot die ontdekking van nog twee vuurwapens en ‘n klein boks met 13 lewendige rondtes ammunisie.

Die polisie het ook ‘n koeriersak wat verskeie selfoonherlaaibewyse en ‘n skootrekenaar bevat, gevind.

 Die verdagte het Maandag, 8 Julie 2024 voor die Brits-landdroshowe verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie. Hy sal ook teregstaan ​​op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui