Dibolelo Mance, LUR vir departement van openbare werke en infrastruktuur blaas R48 000 per nag op hotelverblyf

Die EFF in die Vrystaat vra vir die onmiddellike verwydering van LUR vir Openbare Werke, Dibolelo Mance.

Dit volg op bewerings van onreëlmatige besteding van staatskas.

Daar word beweer dat Mance vroeër vanjaar meer as R300 000 aan reis en verblyf bestee het op reise na Kaapstad en Durban terwyl sy saam met haar personeelhoof en bestuurder gereis het.

Bosanku Msimanga, provinsiale EFF-sekretaris, sê premier Maqueen Letsoha-Mathae moet nou haar belofte uitoefen om korrupsie uit te roei.

“Ons doen ’n beroep op die premier van die Vrystaat, Maqueen Mathae, om te begin optree volgens sy belofte teen wanadministrasie en korrupsie.

Dit bied ‘n perfekte geleentheid om dit wat sy gesê het werklik in die praktyk te vertaal. Dus, ons sal hierdie saak baie fyn dophou omdat dit die publieke beursie betrek.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui