Keniaanse president William Ruto het Donderdag al sy kabinetsministers afgedank en belowe om ‘n nuwe regering te vorm wat skraal en doeltreffend sal wees na weke se protes oor hoë belasting en swak bestuur.
In ‘n televisietoespraak het die president ook die prokureur-generaal afgedank en gesê dat ministeries deur hul permanente sekretarisse bestuur sal word.
Ruto het gesê dat hy die skuif gemaak het nadat hy na die mense geluister het en dat hy ná konsultasies ‘n breë regering sal vorm.
Kenia het drie weke van onrus beleef waarin betogers op 25 Junie die parlement binnegestorm het nadat ’n finansiële wetsontwerp wat belasting verhoog het, aanvaar is. Meer as 30 mense is dood in die betogings, wat verander het in oproepe vir die president om te bedank.
Die ontbinding van sy kabinet raak nie die adjunkpresident, wat nie wettiglik afgedank kan word nie, en die eerste kabinetsekretaris wat ook die minister van buitelandse sake is nie.