NUUSKOMMENTAAR – Omgekeerde norme en waardes – Wat reg was, is nou verkeerd

Nuuskommentaar uit die pen van Volkskrag Nuusredakteur

Daar is ’n Wêreldwye tendens van geestelike en morele verval. Die feit dat omgekeerde norme en waardes aan die orde van die dag is, is kommerwekkend. Die Bybel word nie meer as maatstaf gebruik om die mensdom se norme en waardes te bepaal nie, maar eerder die eie ek.

Sommige hedendaagse kerke is selfs voorlopers in die verval. Daardie kerke was veronderstel om die “wagter op Sions mure” te wees maar het veel eerder die verleiers op “Sions mure” geword.

Identifikasie en koppeling aan ’n spesifieke volk.

Die woord “volk” word in hedendaagse tye as ’n vloekwoord bestempel en uitgemaak as iets uit die bose. Alles vorm deel van ’n groter plan om die identiteit van  individue en volke af te breek en te vervaag.

Waar kom die idee van volkskap vandaan? Die opdrag om in verskeie volke te verdeel kom reeds baie vroeg in die Bybel voor. Met Noag en sy 3 seuns word die onderskeie volke na die sondvloed bepaal. Gaan lees Genesis 10 die hele hoofstuk om die uitleg van al die volke te verstaan.

God was so ernstig oor volkskap dat HY met die toring van Babel taalverwarring onder die mense op aarde ingestel het om die volke nog vêrder van mekaar te skei

Die Bybel is ook baie duidelik oor vermenging van volke:

Esra 9:2 Want hulle het van húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad.

Psalm 106:34 Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,
35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ‘n strik geword.
37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
38 en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
40 Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het ‘n afsku gekry van sy erfdeel.
41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.

Daniel 2:43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.

Hosea 7:8 Efraim—hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
10 Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
11 So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

God se instelling oor man en vrou

Daar is deesdae ’n hele rits “geslagte” waarvan mens kan kies met hierdie LGBTQIA+ wette wat regoor die wêreld afgedwing word! As mens teenkanting teen die “geslagte” bied kan daar ernstige gevolge met reuse- boetes en selfs tronkstraf.

Die Bybel is baie duidelik oor watse geslagte daar is. Reeds in Genesis 1 met die skepping toe die mens geskape is, is dit duidelik dat daar slegs en alleen twee geslagte geskape is. Man en vrou

Génesis 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Génesis 5:2  Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

Daar is geen ander geslagte geskep nie. Nie eers in die diereryk nie.

Wat moet gebeur as ons God se besluit oortree?

Levitikus 20:13  En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

Kinderregte en opvoeding

“Buig die boompie terwyl hy nog jonk is” is ’n baie bekende vergelyking onder ons as volk. Deesdae is daar ’n tendens dat dit teen ’n kind se “regte” is om vermaan en opgevoed te word. Die “boompie” mag nie meer gevorm word volgens Bybelse voorskrifte nie. Pak slae het ’n ernstige newe-effek tot gevolg gehad: RESPEK.

Wat sê die Bybel rondom opvoeding vir ons kinders?

Spreuke 13:24  Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

Spreuke 23:13  Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
14  Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

Spreuke 29:15  Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar ‘n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.

Hierdie is net die punt van die ysberg en daar is nog hordes goed wat oorgeskryf kan word. In alle fasette van die samelewing word die vlees bo die gees gestel en word norme en waardes volgens die vlees in plaas van die gees bepaal!

Ons as Boere-Afrikaner volk moet besluit of ons volgens die gees of volgens die vlees wil wandel. Ons as volk moet besluit of ons nog as ’n volk van GOD gesien wil wees. Ons moet besluit wat is belangrik: Ons eie ek of dit wat reg en mooi is.

One thought on “NUUSKOMMENTAAR – Omgekeerde norme en waardes – Wat reg was, is nou verkeerd

  1. Daar is twee keuses in die land: Segregeer of integreer. Nie halfpad nie dit bestaan nie. Ons volkie wil rugga kyk en skreeu vir die bontbokke maar by sy huis sien nie “vriende” van die fillistyne nie. As jou kinders speel, leer saam met die fillistyne kan jy nie in matriek vir jou dogter voorskryf saam met wie sy matriek afskeid toe gaan. Dan is jy oneerlik teenoor jou kind maar ook teenoor haar “maats”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui