Nog strawwe weer word Donderdag vir Kaapstad voorspel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n waarskuwing vir strawwe weerstoestande in Kaapstad vir Donderdag uitgereik.

Die Stad Kaapstad Ramprisikobestuur-woordvoerder, Mandy Thomas, sê hulle beoordeel die omvang van die skade wat vloede reeds aangerig het.

Sy sê die Stad doen ‘n beroep op skenkings om die situasie doeltreffend te bestuur en die impak te versag.

Dit volg op aanhoudende reënval en stormsterk winde ná nog ‘n koue front.

Thomas sê hul spanne is in volle krag uit.

“So ja, dit is regoor die stad en ons amptenare doen die beste wat hulle kan om dreine te ontblokkeer, sodat die afvoerslote vryvloeiend kan wees. Daai soort ding sodat die water kan wegvloei.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui