Die polisie arresteer 13 mense, insluitend verdagtes wat vir kaping gesoek word

Die polisie het 13 mense in hegtenis geneem, insluitend twee verdagtes wat gesoek word op aanklag van die kaping van ‘n vragmotor en motordiefstal naby Kraaifontiein in Kaapstad.

F.C Van Wyk, polisiewoordvoerder, sê hulle is na ‘n adres naby die Burgersentrum gelei waar hulle 13 buitelandse burgers in hegtenis geneem het.

Hy sê een verdagte was na bewering betrokke by die kaping van drie vragmotors ter waarde van sowat R40 miljoen tussen Laingsburg en Kaapstad.

Van Wyk sê ‘n tweede verdagte is ook vasgetrek vir ‘n saak van motordiefstal.

“Alle persone wat in hegtenis geneem is, sal van immigrasieverwante misdrywe aangekla word aangesien hul dokumente as bedrieglik bevind is.

Die ondersoek duur steeds voort.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui