Volgens ’n anonieme bron het die UDB die VF+ regskomitee gedaag om leun verklikker toetse te ondergaan aangaande ’n verslag wat glo uitgelek is. Die Leuenverklikkertoetse het blykbaar 11h00 van 08 Julie 2024 in aanvang geneem
Volgens bronne handel die verslag oor magsvergrype in die Sentraal-Transvaal (Gauteng) waarin die UDB ook betrokke is.
Die oorspronklike klaers van die UDB, Jaco Mulder en Anton Alberts wat in die verslag voorkom het hulle nie van deelname onttrek nie. Volgens die betrokke partye is dit onreëlmatig dat hulle steeds deelneem ten spyte van die feit dat hulle ook in die verslag geïmpliseer word.
Hulle het volgens berigte die verslag weerhou van die betrokke rolspelers.
Volgens berigte poog die UDB om eerder diegene wat die verslag uitgelek het op te spoor as om aandag aan die inhoud van die verslag te vestig.
Volgens die regskomitee was die UDB se optrede onregverdig en onreëlmatig.
Volkskrag Nuus het die VF+ se partyleier, Pieter Groenewald genader vir kommentaar maar het nog geen reaksie van hom ontvang nie.