Die WGO, nasionale instituut vir oordraagbare siektes en ander professionele mense in die gesondheidsektor het die week oor a-pokke vergader.
Kommer heers oor die aantal gevalle van a-pokke wat wêreldwyd tot 97 745 bevestigde gevalle, 535 moontlike gevalle en 203 sterfgevalle gestyg het.
Die siekte is reeds in 116 lande wat lid is van die WGO aangemeld. In Afrika is 30 persone aan a-pokke dood. In Suid-Afrika is drie persone dood, agt in die Kongo, drie in Kameroen en vyf in Liberië.
Die departement van gesondheid het gewaarsku die aantal gevalle in Suid-Afrika sal waarskynlik oor die volgende paar weke styg. Mense word aangemoedig om goeie higiëne toe te pas, aangesien a-pokke deur fisiese kontak versprei.