Worcester-moordenaars: swaar vonnisse vir verbranding van hul lewensmaats

Die Worcester-streekhof het twee moordenaars van Worcester, Wes-Kaap, tot lang tronkstraf gevonnis nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle die persone met wie hulle in ‘n verhouding betrokke was, aan die brand gesteek het.

In die eerste saak het Ruiter Erasmus die eise teen hom erken.

Hy het sy lewensmaat, Monica Daniels, vermoor.

Die waarnemende streekhofaanklaer, Amisha Ratantjie, het aan die hof gesê Erasmus en die oorledenes is lewensmaats.

Die hof het gehoor dat die egpaar op die dag van die voorval, 12 Oktober 2022, by hul Shrikestraat-huis in Avian Park, Worcester, gekibbel het oor geld wat die oorledene se seun gesoek het.

Familie en bure het rook opgemerk wat uit die huis opkom en het ondersoek gaan instel. Daniels is op die plek dood verklaar, en Erasmus het homself aan die owerhede oorgegee.

Ratanjie het aangevoer dat Erasmus in ‘n vertrouensposisie was, en die oorledene het op hom staatgemaak vir haar welstand, liefde en beskerming. Hy het eerder op ‘n brutale, gevoellose en gewelddadige manier opgetree. Sy het aangevoer dat die gruwelike aard van die misdryf nie verminder kan word tot die punt waar verwag moet word dat die hof van sy se diskresionêre bevoegdhede af moet wyk om die misdaad te regverdig nie.

Die hof het van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf afgewyk omdat Erasmus ’n eerste oortreder was en nie die oorledene se familie of getuies aan ’n lang verhoor onderwerp het nie.

Erasmus is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

In die tweede saak het Richard Samuels in dieselfde hof skuld beken op die moord op sy vrou, Valencia Samuels.

Die hof het gehoor dat die egpaar op 15 Januarie 2022 by hul huis in Oktoberstraat in Roodewal, Worcester, gestry het nadat sy vrou Samuels oor ‘n buite-egtelike verhouding gekonfronteer het.

Die hof het gehoor Samuels het kwaad geword vir sy vrou en op haar begin skree en vloek. Hy het haar toe met petrol gegooi en haar aan die brand gesteek. Sy is na die hospitaal geneem, maar het tien dae later aan haar beserings beswyk. Die hof het ook gehoor dat die voorval in die teenwoordigheid van die egpaar se 14-jarige seun plaasgevind het.

Samuels is gearresteer en van poging tot moord aangekla, wat later na moord gewysig is.

Hy is tot vyftien jaar tronkstraf gevonnis.

Die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging, advokaat Nicolette Bell, het die ondersoek- en vervolgingspan geloof terwyl hulle die vlak van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord in beide gevalle veroordeel het.

Sy het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se verbintenis tot die bekamping van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tot die volle omvang van sy magte bevestig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui