PLAASAANVAL nommer 6 binne ’n week. Gesin wreed aangeval

Hierdie afgelope paar dae is ’n baie donker tyd vir ons boere.

Daar was reeds 6 aanvalle op boere in onder ’n week. 2 van die aanvalle het op 2 moorde afgespeel en 2 van die slagoffers is in bedenklike toestande in die hospitaal.

Daar was gisteraand 04 Julie 2024 omstreeks 20:00 ‘n Plaasaanval in Witpoort tussen Bronkhorstspruit en Bapsfontein (Witpoort 551JR). Volkskrag nuus wag nog vir bevestiging van die feite en feite mag dalk verander.

Die slagoffers baie bekende en geliefde boere in die Witpoort omgewing.  Hendrik en Grieta Opperman, van Henopper melkery is die slagoffers van die plaasaanval.

Rondom 20:00 gisteraand het ‘n aanvaller toegang gekry tot die opstal Tannie Grieta is wreed aangeval met n hamer.

Die aanvaller het met kontant gevlug.

Tannie Grieta kon daarin slaag om haar foon te kry om die oom te bel wat by die melkstal was, en hy kon hulp ontbied.

Die gemeenskap het gemobiliseer en nooddienste is ontbied. Die verdagte is deur die omgewing se boere opgespoor en aan die SAPS oorhandig.

Tannie Grieta is nog in ICU as gevolg van haar beserings en die gemeenskap vra dat almal vir haar bid om beterskap.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui