Die SAWD reik ongure weerwaarskuwings vir die Wes-Kaap uit

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vir die volgende paar dae meer waarskuwings van ongure weer oor die Wes-Kaap uitgereik.

Dit sluit in ‘n vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reënval en ‘n vlak 6-waarskuwing vir skadelike kus- en binnewinde.

Charlotte Powell, woordvoerder van die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuursentrum, sê moontlike impakte sluit oorstromings, vallende puin en kragonderbrekings in.

Powell sê hulle ondersoek tans berigte van windskade en modderstortings wat oornag plaasgevind het.

“Ons raai die publiek aan om asseblief ag te slaan op die waarskuwings, en om die potensiële risiko vir hul eiendomme te help verminder deur dreineringstelsels op te ruim, die vloervlak van hul strukture te verhoog, slote om die huis te grawe om water weg te lei, seker te maak dat hul geute is in werkende toetand, dat alle dooie boomtakke of enige ander items wat moontlik obstruksies kan veroorsaak, skoongemaak word.”

“Wees asseblief ook voorbereid vir skielike rukwinde en kyk vir enige los items op jou eiendom wat beveilig moet word om skade of moontlike beserings te voorkom,” voeg Powell by.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui