Die drievoudige moordhofsaak teen vyf beskuldigdes Mmapula, Lesego en Goitseone Seletedi, Lerato Molefe en Johnson Motsamai sal na verwagting vandag in die Molopo-landdroshof in Mahikeng hervat.
Die drie slagoffers, die 28-jarige Yvonne Setshego, haar eenjarige seun Keamogetse en ‘n 45-jarige getuie, Dokky Motsamai, is in 2019 vermoor en hul liggame is na bewering in puttoilette gegooi.
Vier van die beskuldigdes is verlede maand in hegtenis geneem terwyl die vyfde verlede week in hegtenis geneem is.
Tydens hul laaste hofverskyning verlede week Donderdag, het die prokureurs van die beskuldigdes gesê dat hulle almal van voorneme is om onskuldig te pleit.
Hulle het verder gesê dat hulle nie vlugrisiko’s is nie en nie lede van die gemeenskap sal dreig nie.