PLAASAANVAL – Bejaarde Sanddrift Brits aangeval en gemartel, Oom Toy van Cullinan sterk aan

Nog ‘n Plaasaanval 25km vanaf Brits Wes-Transvaal die afgelope naweek. Dit bring die aanvalle waarvan Volkskrag Nuus bewus is op 4 in een naweek.

Volkskrag Nuus het maandag berig van 3 aanvalle wat gedurende die naweek plaasgevind het. Wat beteken dat die afgelope naweek ‘n swart naweek onder ons boere gemeenskap was. Daar was 2 plaasmoorde die afgelope naweek.

Laat Saterdag aand vroeg Sondag oggend, 29/30 Junie 2024 is nog ‘n bejaarde egpaar aangeval.

 Hulle is wakker gemaak deur mans wat oor hul bed gestaan ​​het wat deur die kombuisdeur ingekom het.

Hulle is baie erg geslaan en die emosionele trauma is geweldig. Die boer het 2 gebreekte ribbes opgedoen.

Hulle het die huis geplunder op soek na wapens en geld. Hulle het die boer se beursie met sy kaarte en fone gesteel.

Dit is onbekend aan Volkskrag Nuus of daar nog ander items gesteel is nie.

Opdatering:

Net ‘n regstelling:

Ek en my man Peet en Olga Ehlers is van Sanddrift en is deur die gewapende plaasaanval 29/6, 01:20- 02:20 waartydens ons gemartel is deur 5 mans.

My man het 2 gekraakte ribbes, sy voorarms is baie gekneus en stukkend. Ek is gespaar en het net baie bloukolle en ek ontdek vanoggend nog bloukolle waarvan ek eers nie bewus was nie. Ons is geukkig nie in die hospital nie.

Ons harte gaan uit na oom Toy en die tannie wat in ‘n ander aanval betrokke was. Mag julle ook deur hierdie trauma gedra word. Ons bid dat oom Toy gou gesond word en dat julle ook deur die ons Vader vasgehou sal word deur die verwerking van die trauma.

Mag ons Hemelsevader daardie booswigte se oë open, in hulle harte werk sodat hulle ook ons Verlosser leer Ken.

Soos ontvang van Witkruis Monument

Hoe gaan dit met oom Toy en tannie Ans van Cullinan

Boodskap van Lizelle, Oom Toy en tannie Ans se dogter:

Hallo almal, my Ma het nou net met spesialis gesels,

Hy het mooi verduidelik wat hy gedoen het, gister in teater. Die skedel het seergekry, maar geen permanente skade nie.

Bloedruk was hoog na die operasie, die vog is redelik min en sy liggaam reageer goed op die medikasie in die drup

Daar is n pen in sy pinkie vinger gesit.

Hul gaan ook die sedasie begin minder maak, en hom laat bykom. Dan kan tragea ook uitkom.

My ma doen goed, sy klink goed en positief

Baie dankie vir elke gebed.

Liefdegroete

Bron: Aletta Gerber – Inwoner van Rayton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui