’n Gautengse verpleegster, Sithembile Xulu, sal na verwagting in die Lenasia-landdroshof, suid van Johannesburg, vir ’n borgtogaansoek verskyn.
Xulu (48) word saam met haar tuinier, Simon Mgale, aangekla van die moord op die 21-jarige huishulp, Busiswa Nxumalo.
Xulu, wat by ‘n kliniek in Alberton werk, is by haar huis in Vosloorus in hegtenis geneem.
Die polisie vermoed sy het Nxumalo se moord georkestreer om voordeel te trek uit drie lewensversekeringspolisse ter waarde van altesaam R6 miljoen wat in Nxumalo se naam uitgeneem is. Die versekeringsmaatskappye het die uitbetalings gevries weens vermoede van bedrog.
Nxumalo se lyk is in Januarie 2022 doodgesteek by ‘n stortingsterrein naby Xulu se vorige woning in Lenasia-Suid gevind.