Arthur Zwane het met onmiddellike effek bedank as die sekretaris-generaal van die uMkhonto weSizwe (MK) Party.
In ‘n brief wat aan die party se leier, oudpresident Jacob Zuma, geskryf is, noem Zwane dat hy oorval is met sy werklading wat meeding met sy sakebelange wat hy nastreef.
Zwane het in Junie by Sihle Ngubane oorgeneem nadat die party sy nasionale bestuur herskep het en Ngubane na die parlement verskuif het.
Zwane bly egter ‘n lid van die party en sê hy is beskikbaar om met die party se organisatoriese sake te help.