Kinderpornografiesaak: Man (25) moet in die Mosselbaai-hof verskyn

Verskeie eksplisiete kinderpornografiese beelde, wat meestal dade met kleutermeisies wys, is glo op sy selfoon gevind.

’n 25-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy sowat 48 eksplisiete kinderpornografiese beelde besit, sal na verwagting môre in die Mosselbaai Distrikshof verskyn.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mosselbaai het die man op 2 Februarie by sy huis in die woonbuurt Da Nova in hegtenis geneem.

Kinderpornografiese foto’s, wat meestal dade met kleutermeisies wys, is na bewering op die man se selfoon gevind.

Hy het laas op 3 Mei in die Mosselbaai-landdroshof verskyn toe hy borgtog geweier is, en hy bly agter tralies.

Op dié dag is die saak vir verdere ondersoek tot môre uitgestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui