Die Noord-Transvaal veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid het ’n soektog van stapel gestuur na stropers wat twee renosters by ’n wildreservaat in die Louis Trichardt-polisiëringsgebied doodgemaak en onthoring het.
Die polisie het gesê die ontdekking is gemaak toe personeel Saterdag om 07:00 gepatrolleer het.
“Dit blyk dat die verdagtes nadat hulle die renosters geskiet het, die horings verwyder en oor ‘n heining gevlug het,” het kol Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.
Enigiemand met inligting wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei, word gevra om die ondersoekbeampte Const Madoro Ndivhaleni by 082-319-9545 of Crime Stop by 08600-10111 te kontak, of via die MySAPS-toepassing aan te meld.