Die rand het Sondagaand stabiel gebly nadat president Cyril Ramaphosa ‘n nuwe kabinet vir die 7de administrasie aangekondig het. Die nuwe Kabinet het ministers en adjunkministers van die ANC, DA, IVP, PA, Good, UDM en VF Plus ingesluit.
Die rand het Saterdag om 22:20 nagenoeg R18,03 teenoor die dollar verhandel.
Vroeër die dag het die ZAR om 16:30 teen sowat R18,19 teenoor die dollar verhandel toe die presidensie aangekondig het dat Ramaphosa die nasie sal toespreek.
In vergelyking met globale geldeenhede het die rand bestendig gebly en verhandel teen sowat R19,36 teenoor die euro en R22,82 teenoor die pond.
Ramaphosa het Sondag gesê Enoch Godongwana sal as minister van finansies in dié nuwe administrasie aanbly.