Plaasmoord Porterville Weskaap – Gesin gemartel en vermoor

Volkskrag Nuus het vroeër vanoggend oor ’n plaasaanval berig op Porterville. Ons het op daardie stadium net basiese inligting gehad.

Insident/Gebeurtenis Datum en Tyd: 2024/07/01 03:54:00

Hier is wat plaasgevind het

In die vroeë oggend ure het vyf aanvallers onder ’n elektriese heining deur gekruip en by ’n plaashuis in Porterville ingebreek

Die 65 jarige bejaarde boer is herhaaldelik in sy rug, bors en nek met messe gesteek.

Die boervrou was volgens berigte vasgebind en gemartel maar het losgekom en hulp by aangrensende boere ontbied

Die aanvallers het met 5 vuurwapens en elektroniese toebehore op die vlug geslaan

Die boer is na die naaste hospitaal gehaas maar het reeds beswyk vanweë sy wonde. Die slagoffer was by aankoms by die hospitaal dood verklaar

Die boervrou is in die hospitaal opgeneem en word tans vir haar wonde behandel

Die polisie is op soek na ’n silwer audi met ’n registrasienommer CF. 235-146 wat met die aanval verbind word. Volgens berigte het die aanvallers in die motor gereis in die Paarl/Klapmus omgewing.

Bron: Witkruis Monument

One thought on “Plaasmoord Porterville Weskaap – Gesin gemartel en vermoor

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui