Gewapende – Skote klap: Roof by juwelierswinkel in Brooklyn Mall

’n Gewapende rooftog het Maandag by ’n juwelierswinkel in Brooklyn plaasgevind. Daar word geglo die toneel is steeds aktief; vermy die area.

’n Gewapende rooftog het Maandag by ’n juwelierswinkel in Brooklyn plaasgevind.

Misdaadaktivis Yusuf Abramjee het video’s en foto’s van die gewapende rooftog geplaas.

Daar word vermoed dat ‘n groep gewapende rowers vroeër Maandag die winkel bestorm het. Skote is afgevuur. Dit is nog nie bekend of iemand in die skietery beseer is nie.

Ook nie die polisie of die Brooklyn Mall-bestuur kon nog nie die roof bevestig of meer inligting verskaf nie.

Kyk die video’s hier:

Die publiek word aangeraai om die area te vermy aangesien nooddienste steeds besig is op die toneel.

Intussen het die Tshwane-polisie, veiligheidsdienste en gemeenskapsgroepe intussen 512 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem oor die naweek.

“Oor die naweek het Tshwane Polisie, onder leiding van brigadier Samuel Thine, hul pligte onvermoeid uitgevoer,” het Tshwane SAPD-woordvoerder, Johan van Dyk, gesê.

Hy het gesê die operasies behels samewerking met verskeie staatsdepartemente, insluitend binnelandse sake, Gautengse verkeer, plaaslike wetstoepassing soos Tshwane Metropolisiedepartement en gemeenskapspolisiëringsforums.

Die polisie het misdaadgevoelige gebiede gepatrolleer, inspeksies vir nakoming en onderdrukking van onwettige alkoholverkope gepatrolleer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui