DORPSAANVAL – CULLINAN – Oom Toy ernstig beseer en kritiek in Hospitaal

Daar was weereens ’n aanval in Cullinan waar ’n bejaarde egpaar in hul huis aangeval en beroof is.

Die bejaarde egpaar se fone is gebuit en verder is dit onbekend of daar nog items gesteel is. Die voorval het vroeg Sondag oggend in Cullinan gebeur

Tannie Ans Olivier is ongedeerd maar oom Toy Olivier is ernstig beseer en kritiek in die hospitaal.

Oom Toy is baie ernstig en kritiek, maar ons weet, ons Abba Vader is in beheer.  En Hy het oom Toy in Sy Hande. 

Die neuro chirurg kan nie opereer voordat oom Toy se bloeddruk nie stabiliseer nie.  Sy bloeddruk is baie laag. 

Tannie Ans het klaar die toestemming geteken dat hulle kan opereer sodra oom Toy gestabiliseer het.  Hy het ‘n wond aan die skedel wat deur ‘n panga gedoen is, sy regterkant van gesig is beskadig deur die hammer waarmee hulle hom geslaan het, sy neus is gebreek, en 2 van sy vingers is lelik gesny soos hy gekeer het. 

Ons moet asb aanhou bid en intree vir oom Toy en ook vir tan Ans dat sy vrede, kalmte en sterkte kan kry om alles te kan deurstaan.  Ons sal op hoogte hou soos ons hoor van hospitaal en van tan Ans.

Oom Toy is die koster van die plaaslike Rayton AGS gemeente.

Bron – Witkruis Monument

One thought on “DORPSAANVAL – CULLINAN – Oom Toy ernstig beseer en kritiek in Hospitaal

  1. Die prys wat mense nog gaan betaal vir 94 se verraad. Mag God ons genadig wees vir die dwaasheid van mense omdat hulle nie op God vertrou nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui