Die polisie lê beslag op vervalste goedere in Sentraal Transvaal

Die polisie in Sentraal Transvaal het vandeesmaand tydens verskeie operasies beslag gelê op meer as 40 000 vervalste items ter waarde van meer as R40 miljoen en vier verdagtes in hegtenis geneem.

Tydens sy jongste operasie het die nasionale eenheid vir vervalste goedere ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging in die Johannesburgse middestad uitgevoer.

Daar is beslag gelê op meer as 15 000 vervalste items, met ‘n geraamde waarde van meer as R12 miljoen.

Luitenant-kolonel Amanda van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, lys die aard van die items waarop beslag gelê is.

“Die items waarop beslag gelê is, het sportklere, skoene, handsakke, pette en parfuum ingesluit, asook ‘n drukmasjien en etikette wat bekende handelsmerke naboots. Sommige van hierdie items is in versteekte kompartemente en gips gevind. Hierdie items waarop beslag gelê is, word in toegewysde vervalsingsgoedere-depots gestoor waarna inbreukmakende handelsmerke verwyder word,” sê sy.

Die polisie moet nog aandui wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui