‘n Man wat by oorgrensmisdaad betrokke is, deur die Mtubatuba-hooggeregshof in die provinsie tot 40 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die Sewe-en-dertig-jarige Sipho Mhlanga is skuldig bevind op vier aanklagte van roof met verswarende omstandighede, vier aanklagte van ontvoering en die onwettige besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.
Die hof het gehoor dat Mhlanga tussen Desember 2022 en Augustus 2023 deel was van ’n sindikaat wat mense geteiken het wat vier-by-vier voertuie besit het. Hulle sou die slagoffers kaap en hulle na ‘n afgesonderde plek in Emanguzi neem.
Die voertuie is na Mosambiek geneem vir verkoop.
Ramkisson-Kara van die NVG in Natal sê, “Benewens die vonnis is hy onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Die NVG loof hierdie suksesvolle vervolging en ons prys die werk wat gedoen is deur die vrugbare samewerking tussen die vervolging, die Emanguzi Oorgrens Presidensiële Taakspan, die SAPD en ander belanghebbendes.”