Help Die Vaderland Stigting om ANDILE MNGXITAMA uit die parlement te kry.

Gedurende November/Desember 2022 het prokureur Willie Jordaan klagtes ingedien by die MRK (Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie) teen ANDILE MNGXITAMA , DUDUZILE ZUMA en DOUGLAS NGOBENI. Aangaande haatspraak deur hulle gepleeg.

Nieteenstaande die feit dat die MRK die klagtes ontvang het, het hy GEEN terugvoer van hulle ontvang nie.

Die Vaderland Stigting gaan optree om die MRK te dwing om hierdie klagtes te ondersoek, en indien nodig sal ‘n hofaansoek geloods word in die Hoogeregshof, ten einde die MRK te verplig om terugvoer oor die klagtes te gee en dit te oorweeg.

Die  Vaderland Stigting sal alles in hulle vermoe doen om hierdie tipe van optrede te stop en aan te spreek.Mnr Francois van der Merwe en Tewie Wessels van die Vaderland Stigting is van mening dat dit uiters onaanvaarbaar is dat sulke ernstige klagtes eenvoudig geignoreer word.

Die Vaderland Stigting word deur Adv Roelof du Plessis SC asook prokureur Willie Jordaan verteenwoordig met betrekking tot hierdie aangeleenthede.

Die Vaderland Stigting Direksie

Vul die volgende vorm in: https://forms.gle/qfVmnCnkHeXrxG6D9

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui