Geskryf deur André Smit – Volkskrag Nuus Redakteur
Dit is duidelik uit gebeure dat daar baie onderstrominge in die huidige regerings bestel is.
Eerstens is daardie MK faksie wat ontevrede is oor:
- Jacob Zuma se uitsluiting uit die parlement
- Die integriteit van die verkiesing
Hulle beplan nou om met “vreetsame” optogte en betogings te begin sou daar nie aan hul eise toegegee word nie. Sou ons na vorige onluste van Zuma se volgelinge kyk kan ons besef dat al hul betogings in ’n uiteinde van geweld en plundering ontaard het. Die vraag is of dit hierdie keer anders sal wees. Die antwoord: Dit word sterk betwyfel!
Tweedens is die feit dat die ANC uiters swak in die afgelope verkiesing gevaar het en nou op ander partye moet staatmaak om kop bo water te hou.
Die “huwelik” wat tussen die ANC en die DA aangegaan is, het nog nie eers die einde van die “wittebrood” bereik nie en is alreeds besig om op die rotse te loop.
Dit voorspel dat dit ’n stormagtige verhouding kan veroorsaak wat dreig om tot ’n om in ’n “egskeiding” te ontaard.
Al hierdie faktore dra by tot ’n groot moontlikheid van ernstige onstabiliteit.
Die rand het reeds pak slae gekry en onmiddellik verswak toe die bakleiery tussen die ANC en die DA losgebars het.
Die vraag ontstaan onwillekeurig of Ramaphosa nie dalk net die DA gebruik het om sy stoel as president te verseker nie. Noudat hy weer sy stoel warm kan sit is die DA se doel uitgedien.
Die DA het basies 33% teenoor die ANC se 66% in hul gesamentlike ooreenkoms. Dit is nagenoeg 65% van die totale verteenwoordiging in die parlement. Die klein partye in die samewerkings ooreenkoms maak omtrent 3% van die verteenwoordiging uit.
Volgens die DA word die oorspronklike ooreenkoms geminag. Die geskiedenis van die korrupte ANC en ANC amptenare is ’n duidelike bewys dat ooreenkomste nie baie waardevol vir hulle is nie.
Ter slotsom voorspel gebeure dat ons heel waarskynlik ’n baie stormagtige tyd in die gesig staar in die nabye toekoms van die land.