MAAK NOU DIE REGTE KEUSE

Die Boere-Afrikaner Volk het by ‘n kruispad gekom, waar ons as ‘n Volk sekere keuses sal moet maak. Daar was egter in die onlangse verlede verskeie verkeerde keuses gemaak.

Die Drie-kamer parlement moes nooit die lig gesien het nie, dit was bloot die voorganger van die groot oorgawe van 1994. God is nooit geken in beide van die twee gebeurtenisse nie en daar is vertrou op politieke leiers, wat duidelik nie hulle Bybels meer gelees het nie en op die eie “EK” staat gemaak het en geswig het onder buitelandse druk en hebsug. Die resultaat was ‘n goddelose regering. Ons het oor jare heen al meer van God se gebooie en sy Woord afgewyk en ons eie pad geloop weg van ons geloof af.

In plaas van dat ons vasgestaan het vir ons geloof, soos ons voorvaders wat eerder gesterf het vir hulle geloof. Daar was duisende martelare gewees wat deur die Roomse kerk vermoor is en selfs vroeër vir die leeus in ‘n arena gegooi is. In plaas van om Jes. 46:4 ten volle te glo, dat God ons sal dra, het ons, ons eie kop gevolg en die verkeerde weë gevolg. Ons het die geldgod nagejaag, waarteen God waarsku in Deut:5:9, dat hy ‘n jaloerse God is, wat sy volk verlaat as hy geminag word.

Christus het ons telkens gewaarsku, moet nie dat julle mislei word nie. Dit is egter geen verskoning om te sê ons was mislei nie.

Waar laat dit ons nou in 2024? Ons moet ophou glo dat ‘n land soos Amerika tot ons volk se redding gaan kom. Ons voorouers het op God alleen vertrou en hulle is ryklik geseën met hulle harde werk, om ons Volk op te bou in ‘n trotse volk wat op God vertrou het. Maar ongelukkig het ons volk later geswig voor al die liberale idees en beloftes van groot rykdom,deur om “ja” te stem en met die beloftes dat ons weer blootstelling sal verkry in die internasionale sportarena.

Dit is nog glad nie te laat nie. Ons sal moet as ‘n Volk in God se naam verenig. God sal dan vir ons die weg aanwys, wat gevolg moet word, om weer ‘n vrye volk in Sy naam te wees, hier aan die Suidpunt van Afrika.

Willie Cloete

Voorsitter Volkskrag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui