Pasiënt sterf in afsonderingskamer tydens brand

GAUTENG. – ‘n Vrou (35) wat in die vroulike psigiatriese eenheid by Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal opgeneem was, het Maandagaand gesterf. ‘n Brand het in die afsonderingskamer waar sy was, uitgebreek.

Die departement van gesondheid sê die vrou is op 20 Junie opgeneem en is op 24 Junie, as deel van behandeling, in afsondering geplaas.

‘n Brand het omstreeks 18:35 in die afsonderingskamer uitgebreek. Die brandweer het die brand vinnig geblus, maar die vrou het noodlottige beserings opgedoen.

Altesaam 17 ander pasiënte in die eenheid kon suksesvol ontruim en as voorsorgmaatreël na ‘n ander saal van die eenheid oorgeplaas word.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui