Pasgeborene dood in vullissak aangetref

NATAL. – ‘n Pasgebore babameisie se liggaam is vanoggend in ‘n swart vullissak in Tea Estate, ongeveer 7 km van Verulam-sakesentrum, op ‘n grondpad in ‘n landelike gebied, ontdek.

Reaction Unit South Africa sê altesaam 18 paramedici en reaksiebeamptes is na die toneel waar ‘n baba glo lewendig in ‘n sak gevind is. Die operasionele beheersentrum het omstreeks 08:30 ‘n oproep vir hulp ontvang. Volgens die persoon wat die oproep gemaak het, was drie mans met vyf honde op soek na herwinbare materiaal toe die baba ontdek is. Hulle het hulle bure daarvan vertel, wat Rusa gebel het.

Die ligging van die pasgeborene was vaag, maar sy is na ‘n vlugtige soektog in die swart vullissak ontdek.

Paramedici het die baba om 09:07 dood verklaar.

Daar word tans na die ma van die baba gesoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui