Die Nasionale Departement van Gesondheid het drie bykomende gevalle van Mpox bevestig wat die totaal van bevestigde gevalle in Suid-Afrika op 16 te staan bring.
Een van die nuwe gevalle, is ‘n 40-jarige man van Ladysmith in KwaZulu-Natal. Hy is tuis oorlede voordat hy mediese hulp ontvang het.
Die ander twee gevalle is in Gauteng aangemeld, 43-jarige en 29-jarige mans.
Foster Mohale, woordvoerder van die departement, sê agt gevalle is in Natal aangeteken, sewe gevalle in Transvaal en een geval in die Wes-Kaap.
“Die departement wil vrese vir moontlike reisbeperkings of inperkings weens Mpox-uitbreking besweer omdat die Wêreldgesondheidsorganisasie geen reisbeperkings aanbeveel het nie. Dit is egter belangrik vir reisigers van Mpox endemiese lande om gesondheidsorg te soek as hulle siek is en om gesondheidsbeamptes in kennis te stel van hul reis vir kliniese leiding.”
Drie pasiënte wat wel die infeksie gerapporteer het, is oorlede. Hy het nie hospitaal toe gegaan vir behandeling nie en is tuis oorlede.