Man word aangekla van moord op Wendy Kloppers, amptenaar van die Stad Kaapstad

‘n 40-jarige man is aangekla van die moord op Wendy Kloppers, amptenaar van Kaapstad.

Kloppers is op 16 Februarie 2023 op die hoek van Magalies- en Mandarastraat in Delft doodgeskiet. Die verdagtes het te voet by ‘n behuisingsbouperseel aangekom en een verdagte het op die mense op die perseel begin skiet, Kloppers (49) vermoor en nog ‘n vrou gewond.

Kapt Frederick C van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het homself Maandag aan die polisie oorgegee nadat speurders op sy spoor was.

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Thembisile Patekile, het die ondersoekspan geprys vir hul uitstekende werk.

Die verdagte sou na verwagting Dinsdag 25 Junie 2024 in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Times LIVE

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui