VRYSTAAT. – Die tak van die departement van binnelandse sake op Thaba Nchu is glo op Woensdag 19 Junie omstreeks 22:00 deur vier verdagtes beroof.
Sers. Sinah Mpakane sê die klaer en sy kollega was in die veiligheidswagkamer aan diens. Hulle het na bewering ‘n klop aan die venster gehoor. Vier beweerde verdagtes het hulle met ‘n vuurwapen gedreig om die deur oop te maak. Die klaer sy kollega is glo eers met sy skoenveters vasgebind, alvorens daar met die klaer na die kassiere se kantoor gegaan is.
Die verdagtes het na bewering met twee plasma-TV’s, ‘n skootrekenaar, ‘n tablet, ‘n toesigkamera se monitor, twee voertuigsleutels en verskeie ander items van die toneel gevlug. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.
Die sakeroof word deur die polisie ondersoek.