POTCHEFSTROOM – Polisie in die provinsie wat saam met ander rolspelers werk, het tussen Woensdag, 19 en Maandag, 24 Junie 2024 voortgegaan met intensiewe operasies om misdaad te voorkom en te bekamp. Ná die operasies is 768 verdagtes vir verskeie oortredings vasgetrek.
Die verdagtes is gearresteer vir misdade soos vir verkragting, moord, aanranding, opsetlike saakbeskadiging, inbraak in woon- en sakepersele, besit van dwelms, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, diefstal uitvan en uit motorvoertuie en bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms. Uit 768 verdagtes word 314 gesoek vir misdade en in hegtenis geneem tydens speurverdagte-klopjagte. Boonop is 44 vermeende ongedokumenteerde persone vir verwerking ingeneem.
Die arrestasies is uitgevoer tydens die uitvoering van verskeie aksies wat stop en deursoekings, padblokkades, patrollies, voertuigkontrolepunte, besoek en inspeksie van gelisensieerde drankpersele ingesluit het, om ‘n paar te noem. Tydens die operasies is goedere soos dwelms, 40 ammunisie, drie vuurwapens, drank en sewe selfone gevind.
As deel van die operasies is twee verdagtes in Delareyville en Lichtenburg in hegtenis geneem vir die handel in dwelms op Vrydag, 21 Junie 2024. Die twee is afsonderlik in besit van mandrax en crystal meth gevind. Die geraamde straatwaarde van die dwelms is R7000.00.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena, het alle rolspelers geloof vir hul volgehoue pogings in die bekamping van misdaad om veiliger gemeenskappe te verseker.