David Warner se internasionale krieketloopbaan is verby nadat Australië uit die T20-Wêreldbekertoernooi uitgeskakel is.
Afghanistan se dramatiese sege oor Bangladesh het verseker dat hulle van die Super 8’s tot die halfeindronde vorder ten koste van die Aussies.
Dit het die 37-jarige aanvangskolwer Warner die moontlikheid van nog twee wedstryde by die toernooi ontsê, insluitend die moontlike swanesang van ‘n Wêreldbeker-eindstryd.
In sy laaste beurt het Warner Maandag ses lopies teen Indië aangeteken toe Australië tot ‘n nederlaag van 24 lopies in St Lucia gegly het.
Warner het sy T20 internasionale buiging in Januarie 2009 gemaak en het 3 277 lopies teen ‘n gemiddeld van 33.43 in 110 beurte aangeteken.
Hy het in sy loopbaan 6 932 lopies teen 45.30 in 159 eendagbeurte aangeteken, insluitend 22 honderdtalle.
In toetswedstryde het hy 8 786 lopies teen 44.59 met 26 honderdtalle gemaak, insluitend ‘n toptelling van 335 nie uit nie teen Pakistan in Desember 2019.
Die Australiese bouler Josh Hazelwood het erken die span sal hom “in die groep mis, in die veld en buite die veld” ná ’n “ongelooflike loopbaan in alle formaat”.
Hazelwood het gesê: “Dit was soort van ‘n stadige brand [uittrede] met toetskrieket en eendagkrieket en nou T20.
“So, die lewe sonder hom, ons het ‘n bietjie gewoond geraak daaraan [maar] dit is altyd anders as jy ‘n speler verloor wat al so lank daar was.”