Verklaring deur Pieter Groenewald, leier van die Vryheids Front, op 5 Julie 2023

Geskryf deur Ds. Faan Visser

“Die VF Plus sal onder geen omstandighede met die ANC saamwerk nie en om so iets voor te gee, is kwaadwillig en opportunisties. Dit is daarom betreurenswaardig dat die DA kiesers probeer mislei oor ’n situasie in Emfuleni.

Die feite is dat die ANC in Emfuleni ’n aanbod aan politieke partye gemaak het – ook aan die VF Plus – vir poste op die burgemeesterskomitee van dié plaaslike munisipaliteit. Die VF Plus het dié aanbod van die hand gewys.

Die DA het dié situasie nou op opportunistiese en oneerlike wyse geplooi om die indruk te wek dat die VF Plus bloot weens die aanbod bereid is om met die ANC saam te werk.

Die VF Plus se standpunt oor samewerking met die ANC is deeglik gedokumenteer en goed bekend. Dit is dat daar nie nou óf later enige samewerking of koalisie met die ANC sal wees nie.”

11 Maande later, en die VF is pens en bootjies saam met die ANC in die bed. Nie net in n koalisie nie, maar as deel van n Regering van Nasionale Eenheid. So, die VF werk nie nou net saam met die ANC nie, hulle vorm nou n regering saam met die ANC!

Wat is Pieter Groenewald se woord werd?

O, reken sommige ondersteuners nou, die “omstandighede het nou verander!” Ja wel, politieke omstandighede verander dag na dag, maar jou beginsels kan en mag nie verander nie. As jou beginsels veranderbaar en omkoopbaar is, soos wat Pieter Groenewald en die VR s’n duidelik is, is jy nie net n onbetroubare politieke opportunis nie, maar ook n politieke hoereerder.

Ek vra myself die vraag af: hoe kan enige Boere-Afrikaner met selfrespek, wat ook 11 maande terug met oortuiging gesê het, “ons werk nie saam met die ANC nie!”, dan nou nog die VF ondersteun? Of het jou beginsels, my goeie vriend/vriendin, ook oornag verander?

Goeie raad: as jy weer gaan stem, los jou idee om vir die VF of die DA te stem, stem sommer reguit vir die ANC. Hoekom die ANC se koers via die VF of DA se deelname probeer verander, as jy as deel van n ANC-RNE dit direk van binne die ANC kan doen?

2 thoughts on “Verklaring deur Pieter Groenewald, leier van die Vryheids Front, op 5 Julie 2023

  1. Goeiedag Ds.Visser,
    Mag ek ‘n briefie skryf oor ‘n seun in ons gemeente wat gevonnis is omdat hy of sy meisie ‘n kindjie beseer het en hy het 8 jaar gekry maar parool oor 3.6 jaar. Hy sit al 1.6 jaar.
    Mag ek en aan wie?
    Groete.
    Ds. H.S.Breytenbach

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui