Liefhebbers van genot. Die groot rede van verval

Die BYBEL beskryf ons omstandighede so pragtig in 2 Timótheüs – wêreldwyd. Het genot nie belangriker as GOD geword nie?

2Ti 3:1  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2Ti 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2Ti 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
2Ti 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
2Ti 3:5  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Ek wil begin deur in die kerk te gaan sit.

Ek wil nie heeltyd herinner word nie.

Die woorde “ek wil nie elke Sondag hoor hoe sleg ek is nie”. Of “ Al wat ek hoor is hoe sleg ek is as ek na die erediens luister” ”Ek wil hoor hoe aanvaarbaar ek is” Is dit nie dalk ’n skuldgevoel wat daar praat nie? Is daardie aanklag nie dalk juis op jou van toepassing nie? Is dit nie dalk om jou aan te kla oor jou sondes nie?

Wat verwag GOD van ons wanneer ons voor SY aangesig buig?

  • EERSTENS: Om ons sonde voor HOM te erken en te bely!
  • TWEEDENS: om vergifnis van ons sonde voor hom te bepleit!

Is dit nie juis wat tydens die erediens MOET gebeur nie? Hoe kan ons van GOD verwag om ons te seën as ons nie ons sonde voor SY voete plaas nie?

Die erediens moet “lekker” wees.

“As die erediens nie vol genot is nie wil ek nie daar wees nie” of “As daar nie gesing en gedans word, is ek nie tevrede met die diens nie” of “Die preek is nie opwindend genoeg nie”.

’n Erediens is daar om STIL VOOR GOD te word. Om aan sy voete te kniel en om in SY teenwoordigheid te wees. Die erediens is juis daar om weg te breek van die gejaagdheid en om stil te word voor GOD. Is dit nie dan juis die tyd wanneer die “genot en lekker” opsygeskuif moet word nie? Is dit nie tyd om met gebuigde hoofde op ons knieë voor HOM te staan nie?

Ek kan nie in die “stemming” kom as ek nie eers sing en dans nie!

Is dit nodige nie dalk nodig om juis stil te word voor GOD nie? Moet ons nie dan juis AFSKAKEL om die teenwoordigheid van GOD te ervaar nie? Om die HERE te loof en te prys het baie beslis sy tyd en plek! MAAR dit is ongelooflik belangrik om ook stil te word voor SY die voete.

Dis lekkerder by die rugby of om inkopies te doen

Dis baie maklik om jou Sondag op die sportveld of inkopiesentrum te spandeer maar die kerk is nie genotvol genoeg nie! Sal eerder in ’n restaurant spandeer as in die kerk. Plekke van genot word vertrap terwyl die kerke leegloop. Dink julle nie dalk dat dit tyd geword het om 1 uur uit 168 ure in ’n week aan GOD te wy nie? Om net 1 uur in ’n hele week saam met ander gelowiges te verkeer nie?

DIS TYD om die HERE weer eerste te stel. DIS TYD dat ons weer stil voor HOM moet raak!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui