Wes-Kaap: Vyf word aangehou vir onwettige besit van vuurwapens

Die polisie in die Wes-Kaap het tydens afsonderlike voorvalle in die Strand vyf verdagtes in hegtenis geneem en op vier vuurwapens en verskeie rondtes ammunisie beslag gelê.

Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê twee onwettige vuurwapens is in die besit van ‘n 21-jarige verdagte gevind.

Volgens Pojie het die polisie in ‘n afsonderlike voorval beslag gelê op twee vuurwapens by die begrafnis van ‘n bekende bendelid.

Hy het gesê alle verdagtes sal Maandag in die Strand-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Openbare Orde Polisie sal na verwagting ook in die Strand-polisiëringsgebied bly om potensiële bendeverwante voorvalle te stuit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui