Die Departement van Gesondheid sê hy het ‘n bondel M-pokke-spesifieke behandeling Tecovirimat, ook bekend as TPOXX of ST-246, ontvang vir die behandeling van pasiënte wat ernstige gesondheidskomplikasies ervaar as gevolg van die M-pokkesiekte.
Die departement sê die proses om beter behandeling te verseker, insluitend entstowwe, is aan die gang indien die behoefte ontstaan.
Die land het nog ses laboratorium-bevestigde gevalle van M-pokke opgespoor, wat die totale aantal gevalle van sewe op 13 te staan bring.
Departementswoordvoerder, Foster Mohale brei uit: “Sewe van die gevalle is in Natal, vyf in Sentraal Transvaal en een in die Wes-Kaap bevestig. Handhigiëne is een van die doeltreffende maniere om mense teen siektes te beskerm en die oordrag van siektes te voorkom. Daarom word mense daaraan herinner om altyd hande met seep en water te was, of ‘n alkoholgebaseerde handreiniger te gebruik, veral voordat daar geeët eet of aan die gesig vat en nadat die badkamer gebruik is.”
Die siekte word veroorsaak deur die apepokkevirus (MPXV), ‘n ortopoksvirus wat deur noue kontak van persoon tot persoon oorgedra word, en van onbekende dierereservoirs in Oos-, Sentraal- en Wes-Afrika.
Algemene simptome van M-pokke sluit in ‘n uitslag wat van twee tot vier weke duur, koors, hoofpyn, spierpyne, lae energie en geswelde limfkliere.