Egpaar beleef al die opwinding en ook hartseer van die jaarlikse sardienloop

’n Middelburgse egpaar is midde in die jaarlikse sardienloop in KwaZulu-Natal en het die laaste twee weke al die opwinding, maar ook die hartseer saam met almal gedeel.

Die sardienloop in KwaZulu-Natal bring bittersoet herinneringe vir Douw en Etta Vosges, want vanjaar was daar hartseer saam met hierdie besondere verskynsel.

Die egpaar is tans in KwaZulu-Natal, waar hulle jaarliks by hul vakansiehuis vir ’n paar weke deurbring om bietjie weg te kom van die Hoëveldse koue.

Verlede jaar was hulle ook by die sardienloop en was dit vir hulle ’n belewenis om die opwinding saam met die hengelaars en ander vakansiegangers te beleef.

Vandag was hulle op die Illovo-strand om te sien hoeveel duisende sardiens uitgetrek en in kratte verpak word.

Sy vertel hoe hulle verlede week, toe die eerste tonne sardiens aan die loop was, strand toe is.

Omdat daar so baie sardiens gevang is, het die kratte sardiens se verkooppryse van R1 000 na R100 binne ’n week geval. Baie kratte met sardiens is verniet weggegee.

“Die vissies is hier!” het hulle opgewonde gedink toe hulle na die Umgababa strand toe is om na die sardienloop te gaan kyk.

Hulle kon egter die hartseer aanvoel toe hulle verneem dat een van die hengelaars, die 73-jarige skipper, Goolam Fareed Essack, net etlike dae vantevore gesterf het.

Volgens nasionale mediaberigte het sy boot klaarblyklik enjinprobleme ondervind en omgeslaan.

Mnr. Essack is uit die water gehaal deur duikers, maar die ander persoon, ’n 32-jarige man, wat ook oorboord geval het, is steeds weg.

Op die strand is noodbehandeling gedoen, maar mnr. Essack is op die toneel dood verklaar.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het later vir nuusmedia gesê dat mnr. Essack, vermoedelik ’n mediese toestand opgedoen het terwyl hy al op die strand was.

Daar is vir sowat 45 minute vir sy lewe geveg, maar hy is kort daarna dood verklaar.

Die Vosges egpaar se harte is geraak deur die omgee van die gemeenskap.

“Al die vissermanne het besluit, uit respek vir Goolam, dat hulle daardie Maandag nie verder nette gaan uitgooi nie en dat almal hul eerste net van Dinsdag, net so aan die gemeenskap sal skenk.”

• Etta het op die strand verneem dat die vorige week se sardienloop so vroeg in Junie uniek is, aangesien dit nog nie eintlik die jaarlikse sardienloop se tyd was nie.

Toe hulle verlede week daar was, was die omvang van die sardienloop sowat drie kilometer lank.

“Die sardiens gaan agter die warm seestrome aan met die koue wat ons beleef het. Dit was klaarblyklik nie die oorspronklike sardiens wat later normaalweg opkom van die Kaap se kant af nie.”

Daar is ook vir haar gesê met die sardiens se opwagting, het die kratte aanvanklik vir R1 000 ’n krat verkoop, maar ’n week later was daar nog steeds tonne sardiens en het kratte vir R100 elk verkoop. Baie vis wat met die nette uitgehaal is, is ook net so vir die gemeenskap gegee.

• Verlede Donderdag, terwyl Etta en Douw op die strand was, is drie reuse nette vol sardiens uitgehaal.

Weens die sardienloop, is daar ook baie roofvisse in die omgewing en het hengelaars talle haaie gevang. Vakansiegangers het nader gestaan om dié haai van nader te bekyk.

• Sy noem dat die sardienloop op dié dag ook roofvisse getrek het en het talle hengelaars haaie gevang, terwyl hulle daar gestaan het.

• In vanoggend se sardiennette is ook verskeie ander visspesies gekry.

• Die Vosges egpaar het ook ’n paar sardiens in die hande gekry en is hulle tans besig om te eet, nadat hulle dit oor die kole gebraai het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui