Kokaïen ter waarde van R8 miljoen word in Pietermaritzburg gevind

NATAL – Op Woensdag 19 Junie 2024 het Valke-lede van Pietermaritzburg Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek op 20 bakstene kokaïen by ‘n nywerheidspark naby Pietermaritzburg beslag gelê.

Lede het inligting ontvang oor ‘n vragmotor wat ‘n chemiese gewasspuit-trekker vanaf die Durbanse hawe na die Vrystaatse provinsie vervoer het. ‘n Ontwrigtende operasie is vinnig uitgevoer en lede het na die genoemde nywerheidspark voortgegaan.

Die genoemde vragmotor is opgespoor en stilstaande gevind. ’n Soektog is gedoen en lede het 20 bakstene kokaïen gevind wat in die chemiese spuitbak versteek was. ’n Gedetailleerde verklaring is van die bestuurder verkry en niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie.  Die ondersoek duur voort.

Die KwaZulu-Natalse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, provinsiale hoof, generaal-majoor (dr) Lesetja Senona het die beslaglegging verwelkom en die lede gelukgewens vir die goeie werk.

(saps.gov.za)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui