Die voorval, wat skokgolwe deur SA se politieke gemeenskap gestuur het, het ‘n R10 000 losprys behels wat deur die UDM betaal is vir Kwankwa se vrylating.
Nqabayomzi Kwankwa, die adjunkpresident van die United Democratic Movement (UDM), is vrygelaat nadat hy na bewering Dinsdagmiddag op pad na Kaapstad Internasionale Lughawe ontvoer is. Hy was op reis na Gauteng om die presidensiële inhuldiging by te woon, wat Woensdag by die Uniegebou in Pretoria plaasgevind het.
Die voorval, wat skokgolwe deur SA se politieke gemeenskap gestuur het, het ‘n R10 000 losprys behels wat die UDM vir sy vrylating betaal het.
Bantu Holomisa, leier van die UDM, het gesê Kwankwa is in Driftsands, Mfuleni, deur gewapende mans in ‘n lokval gelei en ontvoer. Die ontvoerders het hom in hul voertuig gedwing en hom van sy besittings, insluitend sy motor, beroof.
“Die UDM het die losprys betaal en mnr Kwankwa is veilig vrygelaat, al is hy geskud deur die voorval en getraumatiseer,” het Holomisa gesê. “Ons wens Tshawe sterkte toe op sy herstelpad van hierdie lelike voorval.”
Kwankwa se voertuig is later verlate in Khayelitsha sowat 15 km van Driftsands gevind.
Bheki Cele, minister van polisie, het in April gesê: “Ontvoering van lede van die publiek en invloedryke individue sowel as sakepersone bly ‘n bekommernis.”
Polisiebronne wat by die ondersoek betrokke was, het gesê dat die ontvoerders moontlik nie Kwankwa se identiteit geken het nie. Die verdagtes het aanvanklik probeer om Kwankwa te dwing om geld by ‘n OTM van ‘n vulstasie te onttrek, maar hierdie plan laat vaar weens die teenwoordigheid van sekuriteitspersoneel. Hulle het Kwankwa eerder gevange gehou voordat hulle hom in Lingelethu-Wes, Khayelitsha, vrygelaat het. Polisiewoordvoerder, brigadier Novela Potelwa, het gesê:
“Die Wes-Kaapse multidissiplinêre taakspan teen ontvoering, bestaande uit Georganiseerde Misdaadondersoek en DPCI-ondersoekers sowel as misdaadintelligensie, is tans besig om besonderhede bymekaar te maak na aanleiding van ‘n voorval waar ‘n 44-jarige man na bewering gekaap is. Hy is Dinsdagmiddag in Driftsands, Mfuleni, deur gewapende verdagtes ontvoer en beroof.”
“Die slagoffer is na bewering na die beproewing in Lingelethu-Wes, Khayelitsha, afgelaai, waar hy na ‘n polisistasie in die omgewing gegaan het om die misdaad aan te meld. ”
“Sy voertuig in intussen in die Khaylitsha-omgewing teruggevind.”
(Daily Maverick)