Oos-Kaap: N6 weer oop na transito roof
Die N6-pad tussen Stutterheim en Oos-Londen in die Oos-Kaap is weer vir padgebruikers oopgestel.
Die pad is vanoggend in die vroeë oggendure oopgestel nadat dit vir etlike ure gesluit was ná ‘n transito-rooftog gister.
Woordvoerder van die Oos-Kaapse vervoerdepartement, Unathi Binqose, sê ‘n gedeelte van die pad, ‘n stuk van 30 kilometer buite Stutterheim, is gesluit aangesien dit ‘n misdaadtoneel was.
Volgens Binqose het die vermeende rowers ‘n gelede vragmotor gebruik om die een kant van die pad te versper.
Binqose sê die vragmotor is intussen weggesleep.
“Ons wil motoriste prys vir hul begrip en samewerking. Ons weet dit was ‘n groot ongerief, maar dit is gedoen in die belang van hul veiligheid, want ons het te doen met springstof in ‘n transitorooftog. ‘n Spesiale dank aan die reaksiespan vir ‘n goeie werk.”