Daar word jaarliks biljoene rande van niksvermoedende bejaardes en mense in nood gesteel.
Dit is mense wat reeds in groot finansiële nood is en baie maklik na strooihalms gryp
Nigeriese swendelaars buit die geleentheid uit om mense te besteel met die belofte om groot wins te maak sou hulle in hul skema “belê”
Na jy geld aan hulle stuur hou hulle die wortel van nog meer geld voor jou om nog meer geld uit jou te suig.
Dit is die laaste keer wat jy jou geld sal sien en die geld word deur middel van “Crypto beursies” na Nigerië oorgeplaas
Meer omtrent die bedrogspul:
’n Facebook gebruiker met ’n vals profiel het VOLKSKRAG NUUS se redakteur gekontak met ’n belofte om baie geld te maak
Ons het dit goedgedink om hom te ontbloot en sy ware ligging bekend te maak
Volgens die swendelaar: “Wel ek is marinda van Niekerk van Johannesburg maar tans in Paarl Wes-Kaap Suid-Afrika wat van jou…?” VOLKSKRAG NUUS het gevorderde opsporings programmatuur gebruik en die swendelaar se ware ligging in Nigerië opgespoor
Skerm skoot van waar die swendelaar hom bevind:

Aanvanklike gesprek met die swendelaar:
Marinda Van Niekerk – “as ek mag vra, het jy ‘n kennis oor hierdie slim fx kripto-platform”
Volkskrag Nuus – “Ja ek doen en ek weet dat dit ‘n scam is net soos wat jy ‘n scam is.”
Marinda Van Niekerk – “Ek is nie ‘n swendelaar nie, wat sal ek verdien om mense te bedrieg”
Marinda Van Niekerk – “My skat moenie hoop verloor nie, ek stel mense net in hierdie besigheid in om geld te maak om nie jou geld te verloor nie, soos jy kan sien het ek baie mense wat dit duidelik gemaak het in hierdie besigheid sonder om iets soos geld daaraan te verloor”
Volkskrag Nuus – “EK IS NIE JOU SKAT NIE!!!!!!!!! LOS MY UIT”
Marinda Van Niekerk – “Kyk of jy my ‘n kans kan gee om jou in die regte maatskappy voor te stel, jy sal jouself sien getuig, hierdie maatskappy is die beste maatskappy dit laat mense hul verlies verhaal vir diegene wat in die verkeerde platform belê het. jy moet probeer sodat jy die regte platform kan ken. hierdie platform is ‘n wonderwerkplatform, want niemand verloor geld in hierdie platform nie.”
Marinda Van Niekerk – “Ek verstaan dat vertroue baie moeilik is om te verdien, veral as jy my nie gesien het nie, maar glo my ek sal ‘n goeie wins vir jou maak. Ek is ‘n lisensie-handelaar en ek het al wat nodig is om hierdie handel vir jou te maak en goed te maak wins.”
Swendelaar gebruik die Bybel om sy leuens te regverdig:
Marinda Van Niekerk – “Ek kan nie jou geld bedrieg nie, want wat iemand ook al saai, sal hy/sy maai, dit is geskryf in die boek Levitikus 19:11 jy mag nie steel nie, jy mag nie lieg of een bedrieg nie
Waarom sal ek teen God se gebooie gaan en van jou steel?
Ek kan dit nie doen nie, want ek sal toornig wees in die hel, probeer asseblief verstaan”
Marinda Van Niekerk – “my skat neem die risiko’s en sluit aan by die regte platform ‘n wonderwerk platform niks soos om geld hier te verloor nie okay”
Marinda Van Niekerk – “Elke geleentheid wat jy in die lewe sien moet jy dit net probeer, want dit is dalk jou gulde kans om jou lewe meer ryk en gemaklik te maak ok, probeer dit net en kyk hoe dit werk, ek sal jou raad gee om bietjie te begin en kyk hoe dit werk ok”