TONGAAT, KZN. – Beeldmateriaal van ‘n trokbestuurder wat op rowers losbrand tydens ’n beweerde rooftog by die Tongaat-tolhek op die N2, doen tans op sosiale media die rondte.
Die voorval het volgens die video op 4 Mei om 20:00 die aand plaasgevind. Die kamera in die vragmotor het die gebeure afgeneem.
In die video kan gesien word hoe die bestuurder en nog ’n man in die vragmotor klim. Na ’n ruk klim die een man uit en die bestuurder gryp na sy wapen en begin na buite skiet.

Andre Smit, Volkskrag Nuus – “TROKbestuurder” moet VRAGMOTORbestuurder wees asb.