Inwoners van Braamfontein, die SSK en Parktown is sonder elektrisiteit en het uitgerook deur die ondergrondse kabel brand in Johannesburg se middestad wat Dinsdagaand in die kabel tonnels uitgebreek het.
“Daar word vermoed die brand kan as gevolg van dade van diefstal en vandalisme van die elektrisiteitsinfrastruktuur wees,” het Isaac Mangena, City Power-woordvoerder, Woensdag gesê nadat spanne ontplooi is om saam met nooddienste te werk.
“Die brandweer werk daaraan om die brand te blus en die rook op te ruim waarna die kragvoorsiener se multidissiplinêre spanne aan herstelwerk sal werk om toevoer na klante te herstel.
“Voorlopige bevindings dui daarop dat die brand die kabel van die Fordsburg-substasie na die Braamfontein-substasie geraak het.
“Die tyd van herstel sal afhang van die omvang van die skade en werk wat gedoen moet word.”
Die brand het gelei tot pad sluitings en verkeersknope in die gebied.
Die Johannesburgse metropolisie het gesê die M1 is in albei rigtings gesluit. Verkeer word by Carr straat en by die kruising van Jan Smuts laan en Empire weg in Parktown herlei.