Eskom beurtkrag opgeskort. Miljarde rande se diesel word verbrand

Volgens Eskom sal die opskorting van beurtkrag tot verdere kennisgewing voortduur. Dit is op Sondag, 28 April aangekondig nadat ons meer as 32 opeenvolgende dae sonder beurtkrag gehad het.

Blykbaar word hierdie besluit toegeskryf aan volgehoue ​​opwekkings kapasiteit en voldoende nood reserwes, met onbeplande onderbrekings op 13 898 MW en beplande instandhouding teen 5 424 MW.

Maar, IMHO … ons weet almal dat Eskom deur miljoene/miljarde Rande se Diesel-reserwes brand. Trouens, Eskom het tussen die boekjare 2019/2020 en 2023/24 ’n verbysterende R64,7 miljard aan diesel bestee.

🤔 Is dit net ‘n deel van die ANC Mafia se verkiesings leuens? Wat dink julle. Vertel vir ons wat julle mening is onder in die kommentaar.

Ten spyte van die ‘positiewe’ nuus, moet ons almal uiters skepties bly oor die ligte wat voor verkiesings aanbly, want beurtkrag sal heel waarskynlik ná 29 Mei terugkeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui