Die Spook van Uniondale

(1968)Volgens oorlewering, Maria Roux was vanaf Willowmore oppad saam met haar verloofde om vir haar ma te gaan kuier op Uniondale, om hul troue te bespreek.

Dié wind was stormsterk en Maria se verloofde het beheer oor die kar verloor en binne ‘n sloot gebots.

Daar is vasgestel dat Maria op slag dood is.

Alhoewel daar ‘n ander storie ook is…

Dat Maria uit die kar geval het met die slag, dat die ambulans alleenlik haar verloofde opgelaai het wat bewusteloos was, omdat hulle nie besef het dat daar nog iemand in die kar was nie.

Haar verloofde het later in die hospitaal na haar gevra en dit is toe dat hul besef hulle het haar daar agtergelaat… maar dit was te laat, sy het reeds verkluim van die koue…

Wat die ware gebeure is, kan net bevraagteken word, maar dat haar spook nog op die N9 tussen Willowmore en Uniondale rondloop, is deur meer as een persoon bevestig.

In 1976 het Anton Le Grange, ‘n jong vrou langs die pad sien staan.

Hy het afgetrek en die vrou het aan die passasierskant ingeklim.

Hy het geen antwoord gekry toe hy vra waarheen sy oppad is nie.

Hy het vir haar gese dat dit baie gevaarlik is vir ‘n vrou om so laat alleen langs die pad te staan, maar weer geen antwoord gekry nie.

Toe hy na haar kant toe kyk, was daar niemand…

Sy het verdwyn.

Hy het dit by die Polisiestasie aangemeld, maar hulle het gedink hy is onder die invloed, maar ‘n Konstabel het agter hom aangery na waar die insident plaasgevind het.

Dié Polisiekonstabel het gesien hoe Le Grange se motordeur aan die passasierskant oop en toe gaan, en hy kon hoor hoe ‘n vrou lag…

Dié Polisieman het steeds gedink dat Le Grange ‘n grap maak en het weer terug gery agter hom aan.

Dié Kar se Deur het weer vanself oop en toe gegaan, alhoewel dit gesluit was!

Dié Konstabel was sprakeloos.

Hy het sy kollega, Pat MacDonald gekontak, wat vir hom vertel het van die ongeluk in 1968.

Le Grange het ‘n beskrywing van die vrou gegee, en dit het ooreengekom met die van Maria Roux.

One thought on “Die Spook van Uniondale

  1. Ons is op pad na George om familie te gaan sien vir Kersfees toe ons net voor Uniondale n verlate vrou sien staan wat huil. Ons stop toe en vra haar of ons vir haar n ry geleentheid kan aanbied. Antwoordloos knik sy haar kop en wys na die kar. Ons laai haar toe in en vra of sy iemand ken vir wie ons kan bel. Soos ons haar vra gaan die radio harder en sagter en kry ons egter geen antwoord van haar af nie. Dit raak toe ongemaklik en skep n vreemde atmosfeer in ons kar. In my tru spieëltjie kon ek sien hoe sy emosieloos reguit in my oë kyk. Ek kry toe n snaakse gevoel oor die vrou en trek die kar dadelik af. Sy laat ons toe agter met hoendervleis toe ons aan die besef kom dat sy nie meer agtersit nie. Die deur was steeds gesluit en die gordel was ook nog gekoppel maar sy was weg. Sy het n wit rok met n swart oorbaadjie gedra. Haar hare was donker en redelik lank gewees. Sy was blank en haar gesig was bleek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui