President van die Suid-Afrikaanse Gevangenes organisasie vir Menseregte (SAPOHR), Golden Miles Bhudu, sê die Verkiesingskommissie (OVK) het sy onafhanklikheid voor die nasionale verkiesing van 1999 verloor.
In daardie jaar het die kommissie beveel dat alle gevangenes van stemming uitgesluit word.
Die besluit is later suksesvol in die hof betwis.
Duisende gevangenes en miljoene gewone Suid-Afrikaners maak gereed om in volgende maand se verkiesings te stem.
Bhudu sê meer moet gedoen word om die regte van gevangenes te beskerm.
“Die onafhanklikheid en die onpartydigheid van die OVK en sy integriteit het verlore gegaan op ons pad na die tweede demokratiese verkiesing in hierdie land,” voeg hy by.
“Die OVK is gekompromitteer en korrup … en het ’n sekere roete gevolg en hom by die ANC (African National Congress) geskaar, en dit is hoekom die ANC sedertdien die verkiesings vlieënde gewen het.”
Bhudu sê ook dat gevangenes kiesersopleiding moet kry en politieke partye en onafhanklike kandidate moet toegelaat word om by korrektiewe fasiliteite veldtogte te voer.
“Ons het toe hof toe gegaan en die OVK, die departement van korrektiewe diens, die departement van binnelandse sake, die departement van finansies, insluitend die president se kantoor, het die beste prokureurs aangestel om ons aansoek te opponeer,” verduidelik Bhudu.
“Omdat ons dit via die howe wil doen en ons nog altyd ons sake teen hierdie ghoeroes verloor het. Hulle het geveg teen regverdige, oop en demokratiese verkiesings vir gevonniste en ongevonniste gevangenes. Selfs tot vandag toe, sê ek vir jou, is die meerderheid gevangenes nie geregistreer om te stem nie omdat hulle nie hul ID’s gehad het nie,” verduidelik Bhudu.
Intussen het die OVK verlede week ‘n media-inligtingsessie gehou oor die mees onlangse opdaterings rakende die verkiesing skedule, insluitend die aanvang van stembriewe prosedures en die deurlopende beskikbaarheid van oorsese stem kennisgewings.