Die Somerset Winkelsentrum in die Kaapstad-metro het sy deure gesluit en klante ontruim, na ‘n deel van die sentrum se dak afgewaai het.
Stormsterk winde is besig om oor groot dele van die Wes-Kaap te beweeg, en is besig om verwoesting te saai.
Nooddiensspanne in die Wes-Kaap het reeds verskeie mense behandel wat beserings opgedoen het. Verskeie huise se dakke het ook reeds afgewaai, en paaie is vroeër gesluit, na bome omgewaai het op die paaie.
Chapmans Piek-rylaan in Kaapstad, sowel as die Hugenote Tonnel op die N1 hoofweg naby Paarl in die Wes Kaap is gesluit vir verkeer, te midde van die stormsterk winde wat oor die provinsie beweeg.
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde het ‘n beroep op inwoners gedoen om eerder binnenshuis te bly.
VRYSTAAT SE DORP ONDER WATER …
Ons nuuskantoor het uit talle oorde die videos ontvang wat waarskynlik geneem is in die Vrystaat se dorpie Kroonstad.
‘n Makelaar van Viljoenskroon, Mr Ben Olivier, het gesê huise loop ook tans deur met waterskade.
Dit kom etlike ure na ‘n waarskuwing van Rampbestuur se Theo van Niekerk, wat bevestig het dat oorstromings in vir die Vrystaat voorspel is en ‘n beroep gedoen is dat mense wat hulp verleen geen kanse moet vat nie na ‘n brandweerwa ook in stormwater vasgeval het .
Wees veilig en vermy gebiede wat geraak word soos die N1 buite Kroonstad, R34 tussen Welkom en Kroonstad en ander gebiede tans.
Gisteraand in minder as 3 ure het ons 180mm reën ontvang in Kroonstad, baie huise het verspoel, paaie val gate in ens.








