NELSPRUIT – Polisie versoek hulp van die gemeenskap oor ‘n dubbele verkragting voorval waarby twee minderjariges, onderskeidelik 07 en 09 jaar oud, betrokke was.
Hierdie onskuldige slagoffers het ontsettende pyn en angs gely in die hande van ‘n onsedelike verkragter.
Dit was nadat die twee meisies op een of ander manier op Saterdag, 30 Maart 2024, uit hul ouerhuis in die Vosman-polisiëringsgebied naby Witbank vermis geraak het.
Die voorval het skokgolwe binne die gemeenskap gestuur.
Die nuus het die eerste keer aan die lig gekom nadat die ouers van dié minderjariges hulle nie kon opspoor waar hulle gespeel het nie.
Hulle het toe die polisie in kennis gestel wat ‘n vermiste persoon se lêer vir ondersoekdoeleindes oopgemaak het.
‘n Soekgeselskap na die slagoffers het egter verskerp sonder sukses.
Op Sondag, 31 Maart 2024, het inligting vanaf Phola Polisiestasie deurgekom wat aandui dat die slagoffers gevind is, maar ongelukkig is hulle albei verkrag.
Die rede waarom die minderjariges gevind is, was as gevolg van ‘n barmhartige Samaritaan wat gehelp het nadat die twee meisies op straat gegooi is deur hul aanvaller wat hulle net gelos het om vir hulself te sorg en om hul pad terug huis toe te navigeer nadat hulle, hulle gyselaar gehou het vir die hele nag.
Hoe dit ook al sy, die barmhartige Samaritaan het die slagoffers gevind wat tekens van skok vertoon het en albei gebewe het as gevolg van koue, aangesien hulle nie gepas vir die weer geklee was nie.
Na aanleiding van hierdie bose daad is die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) opgedra om hierdie grusame voorval te ondersoek.
’n Versoek word dus aan die gemeenskap gerig om met waardevolle inligting na vore te kom wat lig in hierdie ondersoek kan deel.
Enigiemand wat bereid is om tasbare bystand aan te bied, word nederig versoek om sers. Zinhle Mathenjwa van die FCS-eenheid te kontak by 072 792 0691. Lede van die publiek kan ook die Crime Stop-nommer by 08600 10111 skakel of inligting via MYSAPSAPP stuur. Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik hanteer word en bellers kan kies om anoniem te bly.
Intussen het die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela hierdie voorval ten sterkste veroordeel en belowe dat die polisie onvermoeid sal werk om te verseker dat oortreders van hierdie gruwelike misdaad gejag word en spoedig voor die hof gebring word sodat geregtigheid kan geskied vir die slagoffers.