Vragmotor tref 18 motors

GAUTENG. – ‘n Vragmotor was vanoggend omstreeks halfagt Maandag oggend op die N14-hoofweg net na die R55-afrit in Centurion met 18 ligtemotorvoertuie in ‘n ongeluk betrokke.

Volgens CERT het 24 persone, onder wie kinders, geringe beserings opgedoen. Mediese personeel op die toneel het passasiers geassesseer en in ‘n stabiele toestand na hospitale vervoer.

Omstandighede van die ongeluk word deur owerhede ondersoek.

Charles Mabaso, van Tshwane Emergency Services Department, sê die ongeluk het in Thatchfield gebeur. Die verkeer op die N14-hoofweg in ‘n noordelike rigting was heeltemal tot stilstand gebring. Motoriste was aangeraai om tot verdere kennisgewing alternatiewe roetes te gebruik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui